Hello daar, liefste baba Zak! n Kleine bondeltjie liefde gegee aan sy mamma en pappa.

Zak is te dierbaar en het so mooi saam gewerk vir die fotosessie. Ek is mal oor die fotos wat hy sy mondjie tuit! Kyk net daai perfekte, nuwe mensie!

Baie dankie vir die voorreg dat ek julle kon ontmoet en afneem Mari en Andries. Julle is n pragtige gesin. Geniet vir Zak!