Ek deel graag vandag baba Jeanri se sneak peek fototjies met julle. Sy is so dierbaar en n groot plesier gewees om af te neem!

Haar mamma en pappa is baie trotse ouers; dit was so lekker om te sien hoe lief en trots pappa Rikus is op sy dogtertjie en mamma, Jenize. Hulle het die mooiste groot bybel saamgebring wat ons deel gemaak het van die fotos. Dit is vir my sooo mooi en spesiaal gewees!

Baie geluk Rikus en Jenize met julle bondeltjie liefde, sy is so pragtig en julle is wonderlike ouers!

Meer fotos sal binnekort volg..