Pragtige poppie, Liané het haar eerste verjaarsdag gevier met n cake-smash fotosessie. Is sy nie te mooi nie!? Haar rokkie en kopband is vanaf Amelia Lilly Children’s Boutique.

Sy was ongelukkig nie te mal oor die koek nie, maar gelukkig kon ons steeds mooi fotos van haar neem al het sy nie veel van die koek geëet nie. Die koek is verskaf deur Playful Baking.