Dit was die grootste voorreg om weer vir die Du Plessis gesin n fotosessie te doen! Hierdie keer is dit n swangerskap sessie van mamma Tania. Mens sal nie sê dit is die derde bondeltjie liefde wat oppad is vir hierdie mooie mamma nie! Binnekort verwelkom hulle n sussie. Ek is seker sy gaan baie bederf word en opgepas word deur haar twee boeties.

Tania en Charl, baie baie dankie vir die heerlike fotosessie en vir julle geduld met die fotos in die wind! Julle is wonderlik en pragtig bymekaar!

Ek sien so uit om meer fotos van hulle te deel, en ook hul liefling dogtertjie af te neem wanneer sy hier is!

Rokke verskaf deur Blossoms&Belle. Hare en grimering deur Oulik Vroulik.