Hierdie is beslis n fotosessie wat uitstaan in my nege jaar loopbaan as fotograaf. Dit staan uit vir n klompie redes, maar grootliks oor die toestande waarin ons die fotos geneem het.

Ek het nog nooit wind beleef soos op hierdie middag nie. Ons het die voorspelling fyn dopgehou en onsself voorberei vir wind. Ons het besluit om voort te gaan met die fotosessie en n ‘kans’ te vat juis omdat mamma Retha reeds ver swanger is en omdat die wind voorspelling selfs erger gelyk het vir die volgende 2 weke.

Die wind het ons voete onder ons uit gewaai. Die ‘effek’ wat julle in die fotos sal sien op die sand, is die sand wat gewaai het. Alles het gewaai en die toestande was amper onmoontlik om in fotos te neem.

Terwyl ek besig was met die editing van die fotos het ek eweskilik besef hoe dankbaar ek is dat ons wel voortgegaan het met die fotosessie, want sulke omstandighede druk mens uit jou gemaksone. Skilik besef mens waarnatoe jy in staat is.

Retha en Johan – julle was amazing! Dit was heerlik om julle te kon afneem, tenspyte van die weerstoestande. Baie dankie vir julle geduld en deursettingsvermoë met die fotos!

Ek deel ook graag n ekstra foto aan die einde van my fotos. n Man wat ook op dieselfde tyd by die see was het hierdie foto van ons geneem. Ek was so verbaas om dit te sien!

Baie dankie aan Louisa Marais wat Retha se grimering en hare gedoen het.