Mooie mamma Melissa op 35 weke. Wat n voorreg om weer vir julle n maternity fotosessie te doen! Altyd lekker om julle voor my lens te he en te sien hoe julle gesin groei.

Na n regte winter storm ‘n paar dae vroeër, het die weer net betyds opgeklaar vir die fotosessie en het ons die mooiste, sagste lig gehad. Ek is mal oor die rokke wat Melissa gekies het van Blossoms&Belle.

Die wit rok pas by my gewone styl en kleure van fotosessies, maar die donker bottelgroen rok is iets heeltemal anders. Ek het die fotos effe donkerder geneem om te pas by die warm prentjie wat die rok skep. Dis vir my so mooi en anders!

Baie dankie vir nog n wonderlike fotosessie Melissa en Kevin! Julle is n pragtige gesin en ek sien uit saam met julle oor die koms van julle dogtertjie.