Vandag is ek baie opgewonde om Melissa en Kevin se maternity sessie te deel! Ons het n wonderlike middag saam gehad by die see terwyl die son sak om hierdie spesiale tydperk vas te vang. Hulle is so vol lewe en liefde, en boonop pragtig bymekaar!

Melissa lyk so mooi op 36 weke van swangerskap! Die twee rokke wat sy uitgekies het pas haar so goed.

Melissa en Kevin, baie dankie vir die voorreg dat ek julle kon afneem! Ek is saam met julle opgewonde oor die koms van julle seun en sien so uit om julle weer te sien vir sy fotosessie.

(Aan ons toekomstige mamma kliënte: Ons het n reeks maternity rokke beskikbaar wat ons mammas van kan kies en dra vir hulle fotosessie. Kontak my gerus vir meer inligting.)