Mari en Andries, waar begin ek!? Dit was so n voorreg om julle voor my lens te he en om hierdie spesiale tyd vir julle vas te vang op kamera! Julle is die oulikste paartjie en julle gaan WONDERLIKE ouers wees vir daai bondeltjie liefde.

Ek is so dankbaar die weer het uiteindelik saam gespeel vir die fotosessie! Ons het omtrent 4 keer die sessie uitgeskyf a.g.v die weer. Ek het geweet wanneer ons wel die sessie doen, dit absoluut amazing gaan wees. En dit was! Mari lyk pragtig met haar ronde magie en sy het stunning gelyk in albei rokke!

Ek hoop julle geniet elke foto en dat julle dit altyd sal koester! Ek is saam met julle opgewonde oor die koms van julle babatjie. Baie dankie vir die heerlike fotosessie!!