Ek was so opgewonde toe Mari my kontak om vir hulle n maternity en newborn fotosessie te doen. Ek het hulle verlowings fotosessie so paar jaar gelede gedoen.

Mari lyk so mooi met haar ronde magie! Hulle eerste baba, naamlik Truffle die beagle het ook saam gekom vir die fotosessie. Ek is mal daaroor om mense se honde-kinders ook deel te maak van n fotosessie.

Baie dankie vir die lekker middag Mari en Christian en dat ek die fotos vir julle kon neem! Alles wat mooi is vir jou laaste paar wekies, Mari.