Ek is so opgewonde om vandag Mareike se maternity sessie te deel! Dit was beslis n fotosessie vir die boeke!

Ons het n heerlike middag saam spandeer om Mareike se tweede swangerskap vas te vang by Kampsbaai. Mareike lyk pragtig en straal behoorlik van opgewondenheid met hulle seuntjie wat oppad is. Groot boeta Estian is tog te oulik, maar was baie meer geïnteresseerd in die water as in ons fotosessie 😉

Dit is altyd vir my n voorreg om saam met julle te werk en sulke spesiale tye vir julle vas te vang. Baie dankie dat julle altyd in my glo en my vertrou om die beste fotos te neem.

Ek sien so uit om julle binnekort te sien vir die newborn sessie!