Pragtige baba Lienke – jy het alklaar so diep in jou mamma en pappa se harte ingekruip. Dit was baie duidlik sigbaar met die fotosessie. Die liefde straal behoorlik en dis so mooi om te sien!

Klein Lienke was n regte engeltjie vir haar fotosessie. Sy het rustig in haar pappa se arms aan die slaap geraak. Ek is so dankbaar ek kon hierdie spesiale fotos van Lienke vir julle vasvang, Suzaan en Pieter!

Julle is die mooiste gesin! Mag julle liefde altyd mekaar en ander mense aanraak.