Pragtige baba Lian op 10 dae jonk. Daar is nie genoeg woorde om te beskryf hoe dierbaar hierdie kleine mensie is nie! Hy het my hart gesteel.

Lian is so n rustige babatjie en hy het so mooi saam gewerk vir sy fotosessie. Ek kon heeldag my verkyk aan hom en fotos van hom neem! Ek en sy mamma was in vervoering oor hoe lekker hy slaap. Ek is mal oor die sagte bloue wat ons gebruik het vir sy fotos!

Liesl en Stiaan, julle is so geseënd en dit was n plesier om die oggend saam met julle te kon spandeer! Baie geluk met julle nuwe bondeltjie liefde! 

Meer fotos sal binnekort volg..