Dit is vir my altyd n voorreg om hierdie spesiale tydperk vir paartjies op fotos vas te vang. Ek het n heerlike middag spandeer saam met Lezanne en Uys tussen die bome terwyl die son sak vir hulle swangerskap fotosessie op 34 weke.

Lezanne jy lyk so mooi met jou ronde magie en jy het pragtig gelyk in albei rokke! Baie dankie vir die wonderlike fotosessie! Julle is pragtig bymekaar en mens kan die liefde tussen julle aanvoel.

Meer fotos van hulle sal binnekort volg..