Ek deel graag vandag baba Lenicque se newborn fototjies met julle. Hoe perfek en pragtig is hierdie kleine mensie nie!?

Sy is so dierbaar en dit was n groot plesier gewees om haar af te neem. Haar mamma en pappa is baie trotse ouers en dit was so lekker om te sien hoe julle mekaar ondersteun en liefhet, Bianca en Helmut!

Baie dankie aan Bella Poppelina vir die mooi gehekelde items wat jy verskaf het vir die fotosessie!