Pragtige polap, Lené – net 8 dae jonk en absoluut perfek geskape! Sy en haar boetie, Lian is regte engeltjies en hulle het so mooi saam gewerk vir die fotosessie.

Is hulle nie net die mooiste gesin nie!?

Jean en Carlo, dit was die grootste voorreg om vir julle n maternity en newborn fotosessie te doen! Julle is dierbare mense en so n pragtige, geseënde gesin!