Dit was n voorreg om vir hierdie pragtige paartjie n swangerskap fotosessie te doen! Leani straal op 34 weke en sy lyk beeldskoon met haar ronde magie. Ons was geseënd met die mooiste middag en beligting vir die fotosessie.
 
Geniet die laaste paar wekies Leani en Lodewyk! Ek is saam met julle opgewonde en ek sien uit om julle gou weer te sien.