Dit is altyd vir my n voorreg om hierdie spesiale tydperk vir paartjies vas te vang op kamera. Ek het n heerlike middag spandeer saam met Johanita en Francois by die see terwyl die son sak vir hulle swangerskap fotosessie. Dit was n prentjie mooi aand!

Johanita jy lyk so mooi met jou ronde magie en jy het pragtig gelyk in albei rokke! Baie dankie vir die wonderlike fotosessie! Julle is pragtig bymekaar en mens kan die liefde tussen julle aanvoel.

Ek hoop julle geniet elke foto en dat dit altyd spesiaal sal wees vir julle!