My eerste fotosessie vir 2021! n Baie geseende en wonderlike nuwejaar vir al my kliënte. Mag hierdie jaar vir julle voorspoed, gesondheid, geluk, liefde en alles inhou wat mooi is!

Ek het die voorreg gehad om vir pragtige mamma Ivette n swangerskap fotosessie te doen. Sy straal behoorlik met hulle eersteling wat oppad is.

Jy lyk so, so mooi Ivette en dit was heerlik om julle te ontmoet en te kon afneem. Ek hoop julle geniet elke foto!