Waar begin ek om hierdie spesiale mensies en fotosessie te beskryf!? Soveel emosies en liefde! Ek is baie lief vir romantiese stories, en n ‘hopeless romantic’ soos dit genoem word. Gernette en Renier se storie is vir my so! Hulle liefde is so mooi en eg, mens kan dit nie miskyk nie.

Ek het vir hulle n verlowings fotosessie gedoen 4 jaar terug, waar Renier op die mooiste manier en totaal onverwags aan Gernette, haar gevra het om sy vrou te word. Vooraf was die fotosessie beplan as n gewone fotosessie van twee verliefdes, maar Renier het ‘skelm’ vir my vertel van sy plannetjies. Ek was daar om die oomblik vas te vang, wat tot vandag vir my een van my hoogtepunte is in my fotografie loopbaan.

Daarna het ek hulle prag troue afgeneem in Stellenbosch. Dit was mooier as mooi, en weereens het hulle liefde vir mekaar gestraal; dis al wat mens raaksien as mens in hulle teenwoordigheid is. Dit was ook my laaste troue wat ek afgeneem het voordat ek my studio begin het, en begin spesialiseer het in baba en kinder fotografie.

Nou n paar jaar later, verwag hulle hul eersteling. Ons het vroeg oggend n paar fotos geneem om dit te vier en die herinneringe op fotos vas te vang. Gernette lyk so pragtig met haar klein ronde magie.

Julle tweetjies; julle is so so mooi en julle liefde vir mekaar is werklik n inspirasie en dit is amazing om te sien! Baie dankie dat julle my werk so hoog ag en altyd my voorstelle vertrou, en boonop my werk so maklik en lekker maak! Dit is n voorreg om julle te ken en so n spesiale pad met julle te stap! Ek is baie opgewonde saam met julle oor die koms van julle seuntjie! Ek weet sommer hy gaan julle liefde net nog mooier en sterker maak!