Elke newborn fotosessie is vir my baie spesiaal, maar Danél se sessie lê my besonders na aan die hart!
Sy was net 4 daggies oud toe ek hierdie fotos van haar geneem het! Sy was die perfekte model, en het net geslaap en geslaap.
My hart is in vervoering oor hierdie fotos van haar  
Gertjie en Natania, wat n ongelooflike voorreg was dit om julle prinsessie te kon afneem en julle onvoorwaardelike liefde vir haar te kon beleef. Sy is baie spesiaal!!