Carin en Timo se maternity fotosessie was een vir die boeke! Ons was geseënd met die mooiste winters middag en geen wind. Carin lyk so pragtig op 33 weke van swangerskap! Ek is mal oor haar blomme rok, dit het perfek ingepas by die pragtige agtergrond.

Dit was n voorreg om die fotosessie vir julle te doen Carin en Timo! Ek sien uit om julle binnekort weer te sien vir die newborn fotos 🙂 Alles wat mooi is vir jou laaste paar wekies!