Kyk net hierdie bondeltjie liefde! Dierbare baba Carel. Hy was my laaste newborn sessie vir 2019, en dit was n besonderse spesiale fotosessie saam met sy mamma en pappa!

Carel is so n rustige babatjie en het my werk n groot plesier gemaak. Hy is alreeds sy ouers se oogappeltjie, kyk net hoe straal die liefde uit hulle uit.

Baie dankie vir die wonderlike fotosessie, Alrina en Carel! Dit was n voorreg!