Nog n fotosessie waarop ek baie trots is! Dit was n groot plesier om vir Bianca en Helmut n swangerskap fotosessie te doen. Bianca lyk asemrowend mooi op 34 weke! Haar ronde magie pas haar baie goed!

Die weer was in ons guns op die dag; die sonnetjie het omtrent net vir die uur van die fotosessie uitgekom en net soos ons klaar is, het dit begin reën. Dankie vir die lekker fotosessie Bianca en Helmut, julle gaan die oulikste mamma en pappa wees!

Bianca dra twee van my rokke wat ek as ekstra opsies bied aan my mammas.