Welkom in die wêreld liefste baba Andre! Die klein mannetjie het vir my en sy mamma in vervoering gehad oor hoe mooi hy is en hoe mooi hy saamgewerk het vir die fotosessie.

Kyk net daai perfekte gesiggie en donker haartjies! Te dierbaar vir woorde!

Baie geluk met julle pragtige bondeltjie liefde, Andre en Danielle. Dit was so lekker om julle te kon afneem! Julle is n beautiful gesin.

Danielle se mooie hare en grimering is gedoen deur Monique Du Toit van D&M Agency.