Hierdie pragtige gesin le my baie na aan die hart! Ek het vir hulle al verskeie fotosessie gedoen deur die jare en elke ene is net lekkerder en beter as die vorige ene! Alycia verwag vir die tweede keer..hierdie keer is dit n seuntjie. Christo is baie lief vir karre, en Alycia wil graag die kar tema inbring vir boetie se kamer so die kar museum by Joostenberg vlakte was die perfekte agtergrond vir hulle fotosessie. Sussie, Lené het tog te mooi saam gewerk! Lyk sy en haar mamma nie te mooi met hulle ‘bootsies’ en denim nie!?

Alycia en Christo, dit was n voorreg om julle weereens te kon afneem! Ek sien so uit na die newborn sessie!