Mooiste liefie, Alto. Absoluut perfek geskape en te pragtig vir woorde! Hy het so lekker geslaap vir sy eerste fotosessie en dit was die grootste plesier om hom af te neem! Weereens so baie geluk aan sy wonderlike mamma en pappa, Alicia en Christo! Julle gaan die beste ouers wees vir kleine Alto!