Ek het die mooiste fotosessies van einde 2019 wat ek nog nie kans gehad het om te deel nie. Dit was omtrent n dol jaar en voor ek my kon kry was Desember voor die deur. Daar is nog Kersfees sessies wat ek ook binnekort gaan deel, so julle kan weer saam met my Kersfees hou in Januarie 😉

Vandag deel ek graag mamma Alrina se maternity fotosessie. Alrina was so n stralende swanger vroutjie. Ek is mal oor haar stylvolle blommerok! Baie dankie aan Groot Constantia dat ons die fotos daar kon neem!

Ek deel ook binnekort hulle babatjie se fotos.