Hierdie tyd van die jaar is my gunstelling vir spesiale familie fotosessies om die jaar me af te sluit! Ek is mal oor hierdie fotos van die Pereira gesin!

Hulle is so pragtige en gelukkig bymekaar en ons het die mooiste middag gehad in Stellenbosch vir die spesiale fotosessie.

Baie dankie dat julle die fotosessie soveel pret gemaak het – ek het elke oomblik geniet saam met julle! Ek hoop hierdie fotos is vir altyd baie spesiale herinneringe 😀 geniet dit!