Dit begin al hoe meer soos Kersfees lyk en ek is sooooo opgewonde oor al my Kersfees sessies hierdie jaar!

Eerste voor die kamera vir n studio sessie was mamma Jenine en haar mooiste Ava. Ek het hulle tweetjies so geniet! Ava is n bol energie en het ons lekker laat lag vir haar oulik-geid.

Ek het nog so paar plekkies oop vir weeksdae studio en buitelig Kersfees sessies. Kontak my by info@elaineottophotography.co.za vir meer inligting.