Die eerste cake-smash sessie vir 2018 was vir mooiste Zia! Dit was n plesier om hierdie ‘set-up’ te maak en haar af te neem vir haar eerste verjaarsdag. Sy het soos n dame aan die koek geëet en mooi tussen in vir ons geglimlag.

Ek het haar mamma afgeneem toe sy swanger was met haar en ook haar newborn sessie, so dit was wonderlik om die cake-smash sessie vir hulle te doen.

Die pragtige koek is gemaak deur Bake Me Happy.

Die rokkie wat sy aanhet is vanaf Amelia Lilly Children’s Boutique.