Ek is so opgewonde om Milan se verjaarsdag fotosessie te deel vandag. Spesiaal vir liefste mamma Michelle op haar seuntjie se 2de verjaarsdag đŸ˜€

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag Milan! Jy is die dierbaarste mensie met die sagste hartjie en so baie liefde om te gee! Jy is geseën met die wonderlikste mamma en sy het jou so lief!!

Om sy verjaarsdag te vier, het ons n mamma en seun fotosessie gedoen. Milan het dit so geniet – kyk net al die glimlagte. Michelle, jy is n juweel mamma!! Jy is n inspirasie vir baie, al dink jy dalk nie so nie!

Ek glo ons Hemelse Vader het baie groot planne vir julle tweetjies!! Baie liefde en geniet die fototjies <3 <3