Ek is so opgewonde om hierdie fotosessie te deel vandag! Is dit nie net die mooiste dogtertjie wat julle al gesien het nie!? Sy is so n vrolike en sprankelende klein mensie!

Mense vra my altyd hoe ek dit regkry om kinders af te neem en mooi fotos van hulle op kamera vas te vang. My antwoord is baie eenvoudig: geduld..en baie daarvan! Wanneer mens kinders af neem moet mens weet dat jy rondom hulle tyd en gevoel moet werk. Jong kinders wil verken en hul eie ding doen, veral wanneer daar n kamera naby is. Ek vind die beste fotos wat ek al van jong kinders geneem het is die fotosessies waar die kind kon speel en ‘kind’ wees. Tydens so n fotosessie sal jy my sien rond hardloop agter die klein mensies aan vir die beste ‘angle’, beligting ens. Dit kan partykeer nogal goeie oefening wees đŸ˜‰

Ek stel graag n nuwe reeks fotosessies bekend aan mammas met dogtertjies tussen die ouderdom van 2 en 7 jaar – See Prinses! Die fotosessie sal by my uitgesoekte see area gedoen word en kan een dogtertjie of meer insluit. Kontak my by info@elaineottophotography.co.za vir meer inligting!

Dankie aan mamma, Elske wat haar poppie gebring het vir die See Prinses fotosessie! Dit was n plesier om haar af te neem!