Mooiste Larizelle, sy is n regte klein prinsessie! Sy is so fotogenies en natuurlik voor die kamera – die perfekte kombinasie vir my promosie fotosessie. Ek het so n lekker fotosessie met haar gehad!

Die tweede reeks nuwe fotosessies wat ek bekendstel is; Woud Prinses. Soos die naam dit stel, word die fotosessies in die woud gedoen en is beskikbaar aan mammas met dogtertjies tussen die ouderdom van 2 en 7 jaar. Die fotosessie sal by my uitgesoekte groen area gedoen word en kan een dogtertjie of meer insluit. Kontak my by info@elaineottophotography.co.za vir meer inligting!