Veels geluk met jou eerste verjaarsdag liefste Stella! Sy en haar sussie, Emma is te pragtig, net soos hulle mooie mamma. Stella het haar verjaarsdag kom vier met n cake-smash fotosessie by my studio. Sy het so lekker haar handjies in die koek gedruk en klein happies gevat.

Die tema van die fotosessie was ‘Flower garden’ – dit het so mooi gepas by hulle rokkies van Amelia Lilly Children’s Boutique. Die koek is gemaak deur Playful Baking en die pink gehekelde mat is van Bella Poppelina.

Baie dankie vir die heerlike fotosessie Michelle – ek hoop julle geniet elke foto!