Kyk net die oulike mannetjie! Stefan is so n mooi seuntjie en hy het so fraai gelyk in die oulike pakkie wat mamma Elize vir hom aangetrek het!

Stefan het meer die dekor van sy fotosessie geniet as die koek. Hy het een happie gevat en besluit dit is nie vir hom nie 😉 Gelukkig het hy lekker met die blokkies en balonne gespeel, en kon ek steeds hierdie oomblik vasvang vir sy mamma en pappa. Ek is mal oor die ‘earthy look’ van die fotosessie asook die kleure bymekaar!

Dankie vir die lekker fotosessie Elize en Henk, en vir die vorrreg dat ek weer van julle kon fotos neem!

Die koek is gemaak deur Playful Baking.