My eerste sessie in my nuwe studio! Ek is so trots daarop 😀

Pragtige Riley het elke oomblik van haar cake-smash sessie geniet! Sy was vol persoonlikheid en het haar tyd gevat om die koek te ontdek en te eet. Ons het so lekker gelag vir haar!

Ek is mal oor die reenboog tema in pastel kleure vir die sessie se tema. Perfek gepas vir Riley! Baie geluk met jou eerste verjaarsdag liefste poppie, en ook baie geluk aan haar mamma en pappa!

Dit was heerlik om weer vir Riley te kon afneem, Tania! Ek sien uit na nog baie sessies saam!

Die ongelooflike mooi koek is gemaak deur Playful Baking.