Vandag deel ek graag Reze se cake-smash fotosessie – dit was so n plesier om haar te kon afneem en om te sien hoe sy haarself geniet het! Sy was vol glimlagte en gesiggies tydens haar fotosessie en was baie geïnteresseerd in die ‘vreemde voorwerp’ (koek) voor haar.

Ons het so lekker gelag en haar vriendelikheid geniet! Sy het so saggies en stadig aan die koek geëet. Te dierbaar!

Reze se rokkie en blomekransie is deel van my studio items wat beskikbaar is vir fotosessies. As jy belangstel in so n fotosessie vir jou kleintjie se 1ste verjaarsdag – stuur vir my n epos by info@elaineottophotography.co.za vir pakette en meer inligting.