Waar begin ek om Milah se oulikgeid te beskryf!?? Sy is die mees vriendelikste dogtertjie met die mooiste rooi wangetjies en groot blou ogies! Ek het haar so geniet en kon nie genoeg kry van al die glimlagte nie 😀 Kyk net die tandjies mamma!

Ek is mal oor die uiltjie tema en die pastel kleure wat ons gebruik het vir haar fotosessie. So mooi gepas vir haar sprankelende persoonlikheid! Die uiltjie koek is gemaak deur Playful Baking.

Baie geluk met jou eerste verjaarsdag liefste Milah. Bly altyd so n ligstraaltjie – jy maak jou mamma en pappa se hart baie bly!