Hoe hou mens se hart hierdie poplap se oulikgeid!? Pragtige Lynn-Mari vier binnekort haar eerste verjaarsdag en ons het dit solank gevier met n cake-smash fotosessie.

Haar mamma het die oulikste idees gehad vir die fotosessie om by haar partytjie aan te sluit. Ek is mal oor die kleure, die tema en natuurlik die koek! Lynn-Mari het tog te lekker haar hande in die koek gedruk en klein happies gevat.

Dit is nou die 6de fotosessie wat ek vir die Engelbrecht’s doen, vanaf n verlowings fotosessie tot by n newborn sessie en nou Lynn-mari se cake-smash. Wat n voorrreg om so n lang pad saam met my kliënte stap!

Lerien en Quintin, baie dankie vir nog n heerlike fotosessie en baie geluk met julle prinses se eerste verjaarsdag binnekort!