Julle wil nie hierdie cake-smash sessie mis kyk nie! Ek belowe dit gaan jou dag maak 😀

Kleine Lise het haar fotosessie en die koek SO geniet! Die fotos getuig daarvan. Die vreemde gevoel van die koek en soet smaak het haar omtrent besig gehou en het die oulikste gesiggies opgelewer. Kyk net daai pragtige glimlag!

Ek het verlede jaar vir Lise n newborn sessie gedoen toe sy n paar daggie oud was. Dit was so lekker om haar nou n jaar later weer te sien en af te neem. Baie geluk met jou eerste verjaarsdag liefste Lise!

Die mooie koek is gemaak deur Playful Baking.