Hierdie mannetjie is n regte bol energie! Ek het hom SO geniet! Hy is net te dierbaar vir woorde en het ons omtrent op ons tone gehou tydens die fotosessie 😀

Ek is mal oor die helder reenboog tema en pragtige koek om daarby te pas. Die koek is gemaak deur Playful Baking.

Jy is pragtig Liam! Baie dankie vir die heerlike fotosessie mamma en pappa! Ons maak weer so 🙂