Liefste Leah word 1. Baie geluk met jou heel eerste verjaarsdag poplap! Jy is jou mamma en pappa se oogappel en so n pragtige dogtertjie.

Ek is mal oor die ‘eenvoud’ van Leah se sessie met sagte pienk en n bietjie groenigheid. So mooi gepas by haar persoonlikheid! Baie dankie vir die heerlike fotosessie Carmen en Linden! Dit was so lekker om julle te kon ontmoet en om vir Leah die fotosessie te doen.

Die pragtige koek is gemaak dur Playful Baking. Baie dankie – dit was en van my gunstelling koeke hierdie jaar!