Kian het sy eerste verjaarsdag kom vier met n cake-smash sessie. Hy het gedink die dekor is baie intressanter as die koek en het ons omtrent op ons tone gehad tydens die fotosessie 😉

Gelukkig is my kamera vinniger as hy en kon ek dit regkry om die besige bytjie af te neem.

Die tema van sy fotosessie was ‘Little Sailor’ – is dit nie te oulik nie!? Sy uitrusting is gemaak deur Nykie en die pragtige koek is verskaf deur Playful Baking.

Baie dankie Melissa en Kevin dat ek weer vir julle n fotosessie kon doen! Dankie dat julle die ‘chaos’ so baie fun gemaak het!! Julle is n amazing mamma en pappa!