Een van my gunstelling cake-smash sessies is klein Karlo sin! Ek is mal oor die tema en kleure in die fotosessie, dit is vir my so vrolik en gelukkig!

Karlo het homself gate uit geniet, en was baie geïnteresseerd in die koek. Hy het die mooiste haartjies en groot ogies. Kyk net hoe dierbaar, mamma!

Die koek is gemaak deur Playful Baking, en die helder blou gehekelde mat is verskaf deur Bella Poppelina.