Waar begin ek om hierdie oulike mensie en sy fotosessie te beskryf!? Klein Jandré is so n oulike seuntjie en ons het elke oomblik van sy fotosessie geniet! Hy was baie bedrywig en het gesorg dat ons almal n baie goeie oefen-sessie inkry. Tot ouma en oupa was daar en het saam op en af gespring om Jandré se aandag te kry. Ons het so lekker gelag!

Ek is mal oor die Baby-Shark tema wat mamma Janita gekies het vir sy fotosessie. Die agtergrond is my nuutste skepping waarop ek baie trots is! Dit is hand geverf om soos die see te lyk. Ek hoop ek was suksesvol daarmee 😉

Baie dankie aan Playful Baking vir die pragtige koek wat so mooi by alles ingepas het! Ook baie dankie aan mamma Janita vir jou vertroue in my om jou idees en tema lewe te gee met die fotosessie. Dit was een vir die boeke!