Baie geluk met jou eerste verjaarsdag Isabel lief! Sy het haar verjaarsdag kom vier met n cake-smash sessie, en sy het haarself gate uit geniet. Die helte van die koek was daarmee heen.

Ek is mal oor die tema wat haar mamma gekies het om aan te sluit by haar partytjie – ‘ Tropical & Flamingos.’ Alles het so mooi bymekaar gepas. Isabel se rokkie is verskaf deur Amelia Lilly’s Children Boutique. Gaan loer gerus na haar kleretjies; sy het die mooiste goed!

Baie dankie ook aan Playful Baking wat altyd die pragtige koeke maak vir my cake-smash sessies!

Kyk net Isabel se dierbare gesiggie en hoe sy die koek geniet het! Haar mooie sussie, Ella het ook aan die einde saam geëet.

Meer fotos van hulle sal binnekort volg..