Veels geluk met jou heel eerste verjaarsdag liefste Estian! Hy het sy verjaarsdag by my kom vier met n cake-smash sessie. Die tema was ‘Woodlands&Fox’ om aan te sluit by sy partytjie se tema. Ek is mal oor die pragtige koek gemaak deur Playful Baking!

Estian het die bubbles en ander dekor meer geniet as die koek! Hy het ons lekker besig gehou soos wat hy van een ding na die volgende gaan en begin stap net soos wat ek die kamera gereed het 😉

Dankie julle vir nog n heerlike fotosessie! Dit was baie lekker om julle weer te kon sien en vir Estian n cake-smash sessie doen!

Geniet die fototjies 🙂