Wat n voorreg was dit om vir hierdie poppie n cake-smash sessie te doen op haar eerste verjaarsdag. Emily-Ann is so n dierbare klein mensie, ek het haar so geniet! Sy het die mooiste groot blou ogies!

Die fotosessie se tema is Unicorn en haar mamma het die oulikste uitrusting laat maak om by die tema te pas. Kyk net hoe cute is dit! Baie dankie aan Nykie vir haar kreatiwiteit met die uitrusting.

Baie geluk met jou liefling se eerste verjaarsdag Liezl, sy is so pragtig en spesiaal!

Baie dankie aan Playful Baking vir nog n stunning koek! Altyd net mooier en mooier as die vorige!