Baie geluk met jou eerste verjaarsdag liefste Dihan! Dit was n groot voorreg om vir Dihan n cake-smash fotosessie te doen! Ek het met hom n newborn fotosessie ook gedoen, en dit is altyd vir my so lekker om die babatjies n jaar later weer te sien vir n cake-smash sessie. Dihan is so n pragtige seuntjie! Ons het n kamp tema gedoen vir sy sessie. Ek is mal oor die kleure wat mamma Tania gekies het! Die agtergrond het ek self geverf. Ek is baie trots daarop en sien uit om dit vir vele ander sessies ook te gebruik.

Die koek is gemaak deur Playful Baking. Die TeePee tent is vanaf My Tiny Teepee.

Tania, dit was n plesier om weer vir julle n fotosessie te doen! Ek is opgewonde om weer in die toekoms saam met julle te werk 🙂