Ek is so opgewonde om vandag Dané se eerste verjaarsdag fotosessie te deel! Sy is die vriendelikste dogtertjie met die mooiste glimlag en sprankelende geaardheid. Ons het die lekkerste cake-smash sessie met haar gehad. Sy het elke oomblik van haar fotosessie geniet!

Die tema was n vrugte cake-smash en bubble bath. Ek is mal oor die kleure, die koek, die uitrusting en sommer alles van haar fotosessie.

Baie dankie vir die heerlike oggend, René en Deon. Dit was so lekker om die fotosessie vir julle te doen!

Die koek is gemaak deur Playful Baking. Dané se waatlemoen uitrusting is deur Amelia Lilly Children’s Boutique. Mamma Rene se hare en grimering is gedoen deur Marli Basson.